facebook ngSnapscan smallYoco logo small

EREDIENS TYE

Kerk

08:00, 10:00 & 17:30

Kleuterkerk (3 - 6 jariges)

08:00 & 10:00 tydens skoolkwartale

KiX-kerk (Gr 1 - 6)

08:00 & 10:00 tydens skoolkwartale

JonkX (Tieners)

17:30 tydens skoolkwartale

Eredienste ook beskikbaar op ons YouTube kanaal

 

Ds Hettie Wessels - 26 Maart 2019

28-30“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me - watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

Matthew 11

Ek wonder nou al ‘n al van die begin van my herontdekking van die Sabbat… Is dit iets wat mens doen of is dit iets wat mens nie doen nie? Maar na ‘n week se vakansie by die see dink ek ken ek die antwoord op hierdie vraag. Die Sabbat is nie iets wat mens nie doen nie, dit is iets wat mens bewustelik doen. Intensioneel fokus op God. Tydens vakansies hou ‘n mens op om ‘n klomp goed te doen – mens lê rond en wees lui. Dit is die lekkerste-lekker-niksdoen-dae van eet wat mens nie gewoonlik eet nie, laat slaap en vroeg inkruip of sommer die hele nag lê en lees aan daai gunsteling speurverhaal. Maar die Sabbat is om jouself leeg te maak maar terselfdertyd jouself vol te maak.

As ons terug gaan na die skeppingsverhaal in Genesis 1 dan sien ons dat God alles maak en dit is goed. Maar oor die Sabbat sê Hy iets anders.

3Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

Die rusdag is heilig. God het dit geheilig. Ek en jy heilig nie die dag deur klomp reëls na te kom of ons te ontneem van seker dinge nie. Die dag is reeds geheilig deur God. Niks anders in die skeppingsverhaal kry hierdie eer nie. Eintlik sluit ek en jy aan by die heiligheid wanneer ons die Sabbat vier. Heilig wat beteken afgesonder vir God. ‘n Dag afgesonder vir God. Ek hou nie op om sekere goed te doen nie, ek besluit om hierdie dag meer te soek na God se stem, God se invloed in my lewe, God se teenwoordigheid in my elke dag bestaan. Vandat ek meer fokus op hierdie heilige dag is dit of ek God beter raak sien. Of die pouses in die ander ses dae ook heilig word. In Rhythms of Rest van Shelly Miller maak sy die volgende stelling: “We need whitespace for hearing the truth more clearly.” Om die Sabbat te heilig is om “whitespace” te skep. Dit maak dat daar ‘n gesonde ritme in jou week is, ‘n gesonde ritme in jou week help om ‘n gesonde ritme in jou daaglikse omgang te skep. “Rhythms, unlike routines, bring intention toward our choices and order back from chaos. A life of intention ultimately leads to deep satisfaction.” Shelly Miller

Hierdie week by die see sit ek op ‘n oranje plastiek stoel onder ‘n sambreel en kyk na die see. Ek sien die mooi raak en ruik die see lug, my pienk geverfde tone is in die sand. Ek is daar op die strand – my hele ek. Ek beleef dit. En vir die eerste keer in jare – ek kan nie onthou of dit al ooit so was nie – vergeet ek van alles anders. My gedagtes dwaal nie terug na die gemeente nie. Ek begin nie worry oor my bankbalans nie. Ek beplan nie die kwartaal wat voorlê nie. Ek dink nie bekommernisse uit vir my kinders wat voor my in die see speel nie. Ek is net daar. Volledig daar. En ewe skielik tref dit my… is hierdie oomblikke nie heilig nie? Hier is die Sabbat in my en om my. Ek word leeg maar ek word ook vol. Ek het al baie op die oranje stoel gesit. Maar my inoefen om te fokus het hierdie oomblikke heilig gemaak. My gereelde ritmes maak my vol. En ek besef dit het niks met die vakansie te doen nie. My fokus het geskuif. Dikwels kom ek meer moeg terug van ‘n vakansie af omdat ek so bekommerd is oor wat by die huis aangaan en dat ek my so opwerk dat ek totaal oorstuur die vakansie eindig. Daarom dat ek dikwels sê ek hou nie van vakansie nie. Ek hou nie van niksdoen nie. Ek sal rus as ek die dag dood is!

God het gerus. God is heilig. Die Sabbat is heilig. En ek kan heilig wees. Ek kan heilige tye beleef in my daaglikse ritmes.

Gebeur dit die hele tyd? Is ek genees van my oorstuurde, oorwerkte menswees? Ver van! Ek weet net die rusdag is heilig. Ek het nog altyd geleef of werk heilig is. Werk is goed. Werk was daar voor die sonde val. Werk is nie as gevolg van sonde nie. Voor Adam en Eva die verbode vrug geëet het, moes hulle al die tuin oppas en name vir die diere gee. Werk is goed. En ek sal altyd mal wees oor werk. Maar ek besef nou werk is die uitvloeisel van rus wat van God kom. Ritme en balans – my nuwe lewens motto.

Die week se Sabbat:

  • Lydingstyd fokus. The Meal Jesus Gave us. By NT Wright en Journeying through Lent with Matthew. By Andrew D Rogness
  • Luister na klassieke musiek, siende dat ek die week na die see geluister het.
  • Gebedeboek; lees van ander persone se gebede.

Literatuur:

  • Subversive Sabbath: The Surprising power of Rest in a Nonstop World.
    By: Swoboda, A.J.
  • The Rest of God: Restoring Your Soul by Restoring Sabbath.
    By: Mark Buchanan
  • Sabbath as resistance: saying NO to the CULTURE OF NOW.
    By: Walter Brueggeman
  • Rythms of Rest.
    By: Shelly Miller

ONS WAARDES

fokus-generasiefokus-deernisfokus-gasvryheidfokus-vriende

DAGBOEK

FACEBOOK

kalenderkontak