facebook ngSnapscan smallYoco logo small

Om deernis aan ’n ander mens te bewys is ’n voorreg so oud soos die lewe self. Geen mens is volledig sonder die geleentheid om ’n ander lief te hê nie. Ons word aan die einde van ons lewens gemeet aan die sagtheid van ons harte, die beskikbaarheid van ons tyd en ons genade teenoor ’n ander mens se weerloosheid. Deernis en nederigheid loop hand aan hand. Nederige dankbaarheid dra deernis, dit dek die tafel vir 'n manier van omgee wat nie arrogant is of uit die hoogte kom nie, maar vanuit die wete dat elke mens met gebrokenheid leef. Ons herinner mekaar daaraan dat om deernis aan 'n weerlose mens, dier of die natuur te bewys, ons nodig het om die weerloosheid van ons eie menswees te omhels. God bewys deernis aan ons, daarom kan ons nie anders as om met deernis te leef nie.

Wie het onlangs deernis aan jou bewys?

Wie het jou hulp nodig?

Wat is die eiesoortige manier waarop jy deernis aan ander mense bewys?

kalenderkontak