Neil en sy gesin is sedert 2012 deel van die NG Weltevreden familie. Hy het grootgeword op ‘n wynplaas in Vredendal in die Wes-Kaap en voltooi sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch in 2002. Hy is getroud met Nicolene en die pa van twee pragtige dogters, Jana & Nicola. Sy fokus in die gemeente is alles wat verband hou met die leefwêreld van gesinne. Sy passies in die lewe is sy gesin, goeie boeke, kunsfilms, om te oefen, ‘n karoo-tjoppie met goeie rooiwyn & om mense te begelei op die pad na geestelike groei en heling.
Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark Tel: 011 475 5510 Epos: neil@ngweltevreden.co.za
|