facebook ngSnapscan smallYoco logo small

In ’n stad waar die mure al hoe hoër raak en die lewe al hoe vinniger, loop ons die risiko om verby mekaar en dan veral verby die vreemdeling te leef. Gasvryheid is vir duisende jare al ’n kernwaarde van enige geloofsreis. Dit is ’n universele geloofsdissipline wat oor kulture en grense heen hoog aangeslaan word. Vir Christene is hierdie waarde eie aan Jesus se openbaring van wie God is. God is die groot gasheer. Dit eggo in Psalm 23 en vind vatplek in die groot opoffering wat God deur Sy Seun se doodse lyding gemaak het. Die waarde van ’n gemeente se geloof word getoets aan die wyse waarop ons dié wat anders is, selfs vyandig is, behandel. By NG Weltevreden hoop ons dat elkeen waarlik welkom sal voel.

Wie het jou onlangs spesiaal en welkom laat voel?

Is daar oomblikke by NG Weltevreden wanneer mense moontlik onwelkom kan voel?

Wie is nie ingesluit in jou idee van die bekende nie?

kalenderkontak