facebook ngSnapscan smallYoco logo small

Ons werkwyse

In die waarde “Elke Generasie” strewe ons daarna om alle mense in elke lewensfase te begelei tot diep, sinvolle verhoudings met mekaar en met God. Ons is oortuig dat God gesinne in al hulle vorme gebruik om Sy koninkryk te bevorder. Ons vind groot vreugde daarin om te weet dat God self ‘n gesin vorm met Hom as Vader, Jesus as Sy seun en die Heilige Gees, ons vriend.

Die bediening aan families fokus veral daarop om geloof prakties te maak en mense te mentor as dissipels. Ons bediening word gebou op vyf beginsels en vier sleutels.

Die vyf beginsels is:
1. Geloof word deur die Heilige Gees, in verhoudings en meestal in ons eie huise, gevorm.
2. Daar is ‘n dinamiese vennootskap tussen die gemeente en die huis.
3. Die huis is die gemeente in sy kleinste vorm.
4. Geloof word die beste deur jou voorbeeld aangeleer.
5. As ons ‘n toegewyde generasie jongmense wil hê het ons toegewyde volwassenes nodig.

Die vier sleutels wat ons help om ons doelwit van ‘n geloof wat prakties is te bereik is:
1. Gereelde liefdevolle geloofsgesprekke.
2. Kreatiewe vorme van huisgodsdiens.
3. Dade van diens aan mekaar en die gemeenskap.
4. Die skep van rituele en tradisies.

dot-line

 Peutersorg (6 maande tot 3 jaar)

Ons reël graag met spesiale geleenthede vir 'n oppasdiens. Kontak asseblief die Jeugkoördineerder vir enige navrae.

 

Kleuterkerk (3 tot 6 jariges)

Alle kleuters vanaf drie jaar is baie welkom by die Kleuterkerk tydens die 08:00 en 10:00 eredienste in lokaal A6. Die program vind tydens skoolkwartale plaas en word deur bekwame vrywiligers aangebied. Die verrigtinge behels gewoonlik ‘n kort lesaanbieding op hulle ontwikkelingsvlak asook ‘n skeppende aktiwiteit volgens die lestema, saam sing en buite speel onder toesig.Die Graad R’e vorm tans deel van hierdie groep maar hul aktiwiteite is gerig op hul hoër ontwikkelingsvlak. Ter wille van sekuriteit word ouers versoek om hul kinders in te teken, en weer uit te teken as hul gehaal word.

Registeer jou kind vir Kleuterkerk - Kliek hier

 

KIX-kerk (Graad 1 tot 6)

Ons kinderdiens vind plaas in die saal tydens die skoolkwartale ook 08:00 en 10:00 soos met die eredienste. Na die diens (wat ongeveer 30 minute duur) verdeel die kinders in klasse volgens hulle grade. Saam met hul groepleiers kry hul kans om in ‘n klein groep verhoudings te bou en ‘n les aktiwiteit te voltooi. Klastyd duur ongeveer 45 minute. Per geleentheid is daar gradegroep-byeenkomste vir kinders en ouers. Hou gerus die afkondigings dop en woon hierdie geleentheid as gesin by in die saal.

Inligting vir voornemende kategete en groepleiers- kliek hier

Meld aan as kategeet of groepleier - kliek hier

Registreer jou kind vir Kix-Kerk - Kliek hier

Kontakpersoon: Ilze de Villiers  jeug@ngweltevreden.co.za

 

JonkX (Graad 7 tot 11)

JonkX vorm ‘n integrale deel van die aanderedienste. Ouers en tieners woon dit saam by, waarna die ouers in die koffiewinkel saam kuier en die jongmense na hul klasse beweeg. By geleentheid sal gesprekke plaasvind of sprekers hier optree, wat oor Brandpunte sal gesels. Kyk asseblief uit daarvoor op die afkondigings.

Registreer vir JonkX -  Kliek hier

Kontakpersoon: Nina Brink jonkxweltevreden@gmail.com / 079 246 0986

 

Jong volwassenes

Ons jong volwasse lidmate kom weekliks bymekaar in die Koffiewinkel. Hou gerus die afkondigings dop vir meer inligting!

   

kalenderkontak