facebook ngSnapscan smallYoco logo small

Die volgende maatskaplike dienste word aangebied:

  • Berading  
  • Individueleberading  
  • Gesinsberading  
  • Huweliksberading  
  • Traumaberading  

Hierdie dienste word gratis aan lidmate en nie-lidmate verskaf aangesien die kerk die dienste ingekoop het.

dot-line

Kursusse

  • Huweliksvoorbereidingkursusse word deurlopend aangebied vir persone wat gaan trou.  
  • Divorce Care word aangebied vir mense wat onlangs geskei is of iemand wil help wat deur ‘n egskeiding gaan.  
  • Die Rousmartkursus (Grief Share) word aangebied om mense te help om die rouproses te verstaan en te hanteer.  
  • Gesonde Emosionele Spiritualiteit word ook deur die jaar aangebied.  

dot-line

Verwysings en samewerking met ander professionele persone

Hoewel daar nie voltydse terapeute of mediese dokters in diens van die gemeente is nie, is daar goeie kontakte opgebou met ander professionele persone binne en buite die gemeenskap. Verwysings word gedoen teen ‘n normale of spesiale tarief. Indien dit finansieel nie moontlik vir ‘n persoon is om die koste te vereffen nie, sal daar na subsidiëring gekyk word deur die Maatskaplike Werker. Daar sal ook na die moontlikheid van borge gekyk word waar noodsaaklik.

dot-line

Ander dienste

  • Mediese dokters  
  • Arbeidsterapeute  
  • Tandheelkunde  
  • Sielkundiges en Psigiaters  
  • Opvoedkundiges  
  • Spraakterapeute  

dot-line

Anonieme verwysings

Indien daar persone is wat hulp benodig, maar wat anoniem wil bly, kan die Maatskaplike Werker gekontak word. Na die oproep kan besluit word watter diens of verwysing gelewer kan word en kan die nodige kontaknommer deurgegee word.

dot-line

Ander verwysings

  • Rehabilitasiesentrums  
  • Aftree-oorde

Die Maatskaplike Werker beskik oor inligting van instansies en telefoonnommers vir verwysings en sal jou ook bystaan in die proses waar nodig met opname.

 dot-line

Ons is betrokke by 'n hele klomp projekte binne die gemeente en aktief betrokke by die volgende projekte buite die gemeente:

1. MES - Mould; Empower, Serve

2. Golang Education Outreach

3. Jan Hofmeyer Kleuterskool

4. Huis Erasmus

5. Blou Huis

 

Ons Direkteur Versorging, Alda (M.Soc.Sc. in Maatskaplike Werk), kan gekontak word op (011) 475 5510 van Maandag tot Vrydag tussen 8:00 en 13:00 vir meer inligting.  

 

kalenderkontak