facebook ngSnapscan smallYoco logo small

’n Gesonde geloofsgemeenskap kan vergelyk word met ’n groot uitgebreide familie. Die tendens in kerke soos NG Weltevreden in die onlangse verlede was om die verskillende generasies apart te hou. Tieners sou in hulle “grot”bymekaar kom terwyl die ouers “bo”in die kerk aanbid. Ons probeer hierdie taal die afgelope paar jaar doelbewus verander. Terwyl daar steeds ruimtes is waar ouers, tieners, kinders en kleuters op unieke ouderdomsgebaseerde maniere bymekaarkom, hoop ons om meer geleenthede kan skep waar ’n kind saam met sy ouer kan aanbid. Wanneer ons by NG Weltevreden dink oor families, dan herinner ons mekaar daaraan dat dit insluitend moet wees. Mense sonder kinders is ook ’n familie. Enkellopendes is ook ’n familie. Gesinne lyk lankal nie meer soos die tydskrifprentjies van die jare 80’s en 90’s nie. Ons hoop is dat die evangelie by NG Weltevreden sal vlamvat oor die grense heen van al die unieke lewensfases wat so eie is aan die lewe hier in die stad.

Wie is die mense van jou asem?

Waar beleef jy die waardes van ’n gesonde familie in jou geloofsreis?

Is daar mense in die gemeente wat vir jou soos ’n goeie ouer of broer of suster is?

kalenderkontak