facebook ngSnapscan smallYoco logo small

Die groot kopskuif wat die Christelike geloof mense help maak is dat dit moontlik is om ’n diep vriendskap met God te kan hê. Christus het sy vriende daarmee gehelp. Ons is nie God se slawe nie; ons is God se vriende. Hierdie merkwaardige ontdekking spoel oor in die manier waarop gelowiges teenoor mekaar leef as vriende en nie as vreemdes nie. Die evangelie se heelmaakkrag vind vatplek in ons lewens in die vorm van hegte lewensbande. Meer dikwels werk die Heilige Gees deur die sagte woorde van ’n goeie vriend as deur die vele woorde van ’n prediker. By NG Weltevreden probeer ons op kreatiewe maniere veilige ruimtes te skep waar vreemdelinge vriende kan word.

Wie is die mense naby aan jou wat jy met jou lewe vertrou?

Wat maak jou ’n unieke vriend vir iemand anders?

Waar het jy onlangs God as ’n vriend ervaar?

kalenderkontak