facebook ngSnapscan smallYoco logo small

EREDIENS TYE

Kerk

08:00, 10:00 & 17:30

Kleuterkerk (3 - 6 jariges)

08:00 & 10:00 tydens skoolkwartale

KiX-kerk (Gr 1 - 6)

08:00 & 10:00 tydens skoolkwartale

JonkX (Tieners)

17:30 tydens skoolkwartale

Eredienste ook beskikbaar op ons YouTube kanaal

Ds Hettie Wessels - 5 Maart 2019

“Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.”  GOD

Ek soos meeste ander mense in Johannesburg leef teen ‘n redelike gevaarlike tempo.  En die ergste van alles is, dat ek mal is daaroor.  Dit is regtig vir my lekker.  Ek hou daarvan om ‘n propvol dagboek te hê.  Tot ek met ‘n skok ontdek dat die mense wat saam met my leef dit nie noodwendig so goed ervaar nie.  En daarom het ek daaroor begin oplees.  En hoe meer ek daaroor lees hoe meer kom ek agter ek is verslaaf…. Ja verslaaf.  

Ek het myself nog altyd beskou as ‘n redelike sterk mens met ‘n sterk wil wat my nie sommer deur groepsdruk laat onderkry nie, nie as tiener nie, ook nie as student nie, nou jare later oppad oud word toe met twee kinders, ‘n man, ‘n respektabele werk en grys hare het ek geswig voor die druk van die groep.  Die groep is, ‘n onbekende, gesiglose massa wat mekaar aanjaag oppad na nerens.  Die groep, sonder naam, se dae en nagte vloei inmekaar sonder onderskeid tussen Woensdag en Sondag.  Daar is roetine maar nie duidelike afgebakende ritmes tussen werk, slaap, rus, en speel nie.  Hierdie groep “multi task”, spog dat hulle al die balle in die lug kan hou.  Hulle slaap al minder, is al minder beskikbaar, en is bitter min regtig teenwoordig.  Hoe meer ek oor die groep lees, hoe meer kom ek agter hulle is moeg, hulle is bekommerd, angstig en oorwerk.  Maar daar is nie tyd om daaroor te dink nie want die volgende afspraak en werkie wag.  Die balle word al meer en die spoed waarteen hierdie balle deur die lug trek al vinniger.  Hierdie balle is gewoonlik mense, hartsmense en baie keer is een van hierdie balle ook maar net jy….  Jy wat val vir hierdie groepsdruk en gejaag verloor jou identeit en indivdualiteit jy word ‘n vinnige afspraak in jou eie dagboek, net nog ‘n bal om in die lug te hou.  En mag ek dit waag om te sê dat selfs God ‘n bal word om in die lug te hou …

Dit is die probleem!

Van nou af gaan ek (en as jy lus het jy ook) werk aan ‘n oplossing!!

Ek gaan probeer om ritme in my lewe in te bou. ‘n 6 tot 1 ritme.  Waar ‘n sewende dag anders gaan lyk as al die ander dae van die week.  Ek weet nog nie watter dag dit gaan wees nie.

Ek gaan begin deur ‘n oggend ritme in te stel…‘n hele dag lê iewers in die toekoms.  Dit is waarna ek gaan werk.  My mikpunt.

Dit lyk vir my of mens klein moet begin.  Versigtig moet trap, anders gaan jy te maklik opgee en maar net gou weer ‘n oproep maak of ‘n epos antwoord.

Ek gaan begin met ‘n oggend:  Van opstaan tot 13:00…

1.    Ek gaan daardie tyd anders inrig as ander dae.  My rekenaar gaan af wees so ook my foon.  Geen afsprake of vergaderings.
2.    Ek gaan regtig rus.  Al moet ek om die blok gaan stap. Of sommer net ‘n bietjie ekstra slaap. Swem of net in die son sit.
3.    Ek gaan aan my persoonlike spiritualiteit aandag gee.  Nie die gemeente s’n, my beste vriendin, die bybelstudiegroep of enige ander persoon s’n nie.

Vir die eerste week net hierdie 3 doelwitte.
Dit moet ‘n weeklikse ritme wees.  Elke week presies dieselfde.  Jou liggaam moet gewoond raak daaraan.  Soos opstaan, tande borsel, stort, aantrek … altyd dieselfde.


Literatuur:

“The Sabbath is a gift we do not know ho to receive.  In a world of doing, going, and producing, we have no use for a gift that invites us to stop.  But that is the original gift: a gift of rest.”

Subversive Sabbath:  The Surprising power of Rest in a Nonstop World
Swoboda, A.J.

ONS WAARDES

fokus-generasiefokus-deernisfokus-gasvryheidfokus-vriende

DAGBOEK

FACEBOOK

kalenderkontak