facebook ngSnapscan smallYoco logo small

EREDIENS TYE

Kerk

08:00, 10:00 & 17:30

Kleuterkerk (3 - 6 jariges)

08:00 & 10:00 tydens skoolkwartale

KiX-kerk (Gr 1 - 6)

08:00 & 10:00 tydens skoolkwartale

JonkX (Tieners)

17:30 tydens skoolkwartale

Eredienste ook beskikbaar op ons YouTube kanaal

 

Ds Hettie Wessels – 7 Augustus 2019

Ek onthou ‘n tyd toe mense op die vraag: “Hoe gaan dit?” geantwoord het: “Goed en jy?” en mense gesê het ons moet meer eerlik wees met ons antwoord. Bietjie meer uitbrei… maar hoe gaan dit régtig met jou. My kollega se vraag het altyd gelei: “Hoe gaan dit met jou as mens?” Vandag is die standaard antwoord op die vraag hoe gaan dit met jou: “O vreeslik besig!” Of “Ons jaag van een ding na die ander.” Of “Altyd aan die hardloop”… Ek weet nooit of ek moet opvolg met ‘n: “Maar hoe gaan dit nou regtig nie?” Die mens is dan nou so besig. Daar is sekerlik nie tyd vir nog praatjies nie.

En ek glo mense. Hulle is besig, ek is besig. My vraag aan myself: “Is ek besig met die regte goed?”

Ek lees in ‘n mediese artikel die week dat mense met hoër vlakke van stres by die werk se mediese uitgawes tot met 50% kan styg. Sonder gereelde rus word jy siek. Jy ontwikkel inflammasie. Stywe spiere sonder rede kan wees omdat jou lyf vir jou wil sê: “Ek kort rus.” Gaan werk bietjie uit hoeveel ure sit jy - voor die rekenaar, in die motor, voor die TV, in die vergadering. So ‘n gesittery hou niks goed in nie. Dit kan selfs hart-en spysverteringsprobleme veroorsaak.

Aan die ander kant gebeur daar iets in jou wanneer jy die ritme begin reg kry. Van werk en rus. Rus en werk. Ewe skielik is jy meer kreatief. Jy hou weer van jou werk. Jy hou weer van jou kollegas en huismense. Jy is meer produktief. Jou korttermyn geheue verbeter. Jy het meer energie. En ek dink mense hou meer van jou en jy hou meer van jouself.

My vrae vandag is: “Hoe gaan dit met jou lyf? Hoe gaan dit met jou kop? Hoe gaan dit met jou geestelik? Op ‘n skaal van 1 tot 10?” Ek weet jy is besig. My antwoord vir jou sal wees, as jy so besig is, kan jy nie bekostig om nie te rus nie. By ‘n vergadering die week was 80% van die lede se eerlik antwoord: “Ek is moeg!” Die jaar is net verby die halfpadmerk. Ek dink jy skuld dit aan jouself om ‘n bietjie voorraad opname te gaan doen.

Ek wil besig wees, maar ek wil nie altyd moeg wees nie. Ek wil nie moody en negatief wees nie. Ek wil kreatief wees en lus wees vir die lewe. Ek wil voluit lewe!!

Jesus sê in Johannes 10:10

“Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê en dit in oorvloed.” (Afr. 1983)

 “I came so they can have real and eternal life, more and better than they ever dreamed of.” (MSG)

 

ONS WAARDES

fokus-generasiefokus-deernisfokus-gasvryheidfokus-vriende

DAGBOEK

FACEBOOK

kalenderkontak