jozifacebooktwitterd6

Verskilmakers logo klein

Ds Hettie Wessels

Hettie WesselsKom van ‘n  Bosveld plaas waar sy grootgeword het as die jongste en enigste dogter van drie kinders.  Die Waterberge en die natuur is deel van wie sy is.  Sy is getroud met Riaan, ‘n syfermens wat haar ondersteun in haar werk. Hulle het 2 kinders; Theodore en Lia.    

In die gemeente is sy daarvoor verantwoordelik om te sorg dat die ratwerk aan die gang bly en ook vir lekker kuiergeleenthede soos die basaar en die koffiewinkel. Biltong en sjokolade is haar swakpunte.  Sy glo dat genade God se grootste geskenk aan ons is wat ons met ander kan deel.

Corneliusstraat 1103, Weltevredenpark    
Tel: 011 475 0475 
Sel: 083 254 6833

Epos: hettie@ngweltevreden.co.za    

dot-line

Ds Kobus Sandenbergh

Kobus Sandenbergh’n Gebore ”Witwatersrander” wat saam met sy vrou Linda en hul drie seuns, Herkie, Karl en Jako, al sedert die vorige eeu deel is van NG Weltevreden. Kobus fokus op versorging en geloofsgroei en sê boeke lees, Bonsai boompies groei, beskuit en brood bak en natuurlik biltong, is 'n paar goed wat sy lewe voller maak.    

Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark    
Tel: 01 475 1474   
Sel: 082 451 1671    
Epos: kobus@ngweltevreden.co.za 

dot-line

Dr Neil du Plessis

Neil du PlessisNeil en sy gesin is sedert 2012 deel van die NG Weltevreden familie. Hy het grootgeword op ‘n wynplaas in Vredendal in die Wes-Kaap en voltooi sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch in 2002. Hy is getroud met Nicolene en die pa van twee pragtige dogters, Jana & Nicola. Sy fokus in die gemeente is alles wat verband hou met die leefwêreld van gesinne. Sy passies in die lewe is sy gesin, goeie boeke, kunsfilms, om te oefen, ‘n karoo-tjoppie met goeie rooiwyn & om mense te begelei op die pad na geestelike groei en heling.       

Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark    
Tel: 011 475 4481   
Sel: 082 346 5238    
Epos: neil@ngweltevreden.co.za

dot-line

Ds Ferreira Marais

Ferreira MaraisFerreira Marais het grootgeword in Roodepoort en is getroud met Carla, ‘n mediese dokter. Hulle het onlangs die gelukkige ouers geword van Butro, ‘n pragtige Golden Retriever. Ferreira is baie lief vir sport, veral rugby en atletiek en musiek is in sy are! Hy is op sy gelukkigste wanneer hy sy roeping kan uitleef, as hy preek of aanbidding lei en hy kan sien hoe Jesus mense se lewens aanrraak, dan weet hy dat hy op die regte plek is. Ferreira se fokus is op die jeug en die jongwerkendes.   

Redwood 38, Corneliusstraat 1106, Weltevredenpark    
Sel: 072 804 0621  
Epos: ferreira@ngweltevreden.co.za

 

kalenderkontak