jozifacebooktwitterd6

Verskilmakers logo klein

In die eerste eeu na Christus het ‘n denkwyse soos ‘n veldbrand begin versprei. Dit word gnostiek genoem. Die groot gedagte is dat hierdie wêreld is inherent sleg is. Daar is ‘n hoër vlak van menswees, waar die siel verhewe is en naby aan God beweeg. Dinge soos politiek, werk, familie, eet, seks, tuinmaak, speelgoed is van ‘n laer vlak. Goed soos armoede, seerkry, lyding is ‘n teken van ‘n baie lae vlak van lewe. Die strewe is om van hierdie wêreld en sy uitdagings, begeertes en swaarkry te ontsnap. Daar is ‘n eksklusiewe vorm van kennis/liefde wat vir ‘n mens verlossing bring, nie almal kan dit behaal nie.

Jesus was nie regtig mens nie. Het ook nie regtig gesterf nie. Hy was die eerste om hierdie vlak van lewe te bereik.

Die eerste stories oor Jesus is skaars op skrif toe versprei die virus reeds. 

Dit is een van die “backdrops” waarteen Paulus sy brief aan Romeine skryf.

Paulus skryf in Romeine 8 oor die skepping wat ‘n vrou in baringsnood is. Haar water het gebreek. Kraampyne is minute uit mekaar. ‘n Kind is oppad. Kry jy meer aards as dit?

Toe ons kinders was het een van my maats se ma ‘n nuwe mat in hulle sitkamer laat insit. So ‘n spierwit jare 80’s-nommertjie. Ek onthou dat sy altyd voor die vertrek stoele gepak het sodat ons met ons vuil voete nie daaroor kan loop nie. Daardie mat herinner my aan hoe baie mense oor God, kerk en die lewe laat dink. Die Here behoed as dinge morsig word.

‘n Mens sou dink dat hierdie denke saam met die draai van die eerste eeu uitgesterf het, maar die virus is vandag nogsteeds net so aan die gang soos destyds in Paulus se tyd. Elke dan en wan word geloof/godsdiens ‘n red tape affêre. Groot geel linte skreeu uit: do not cross, behalwe as jy die regte dokumentasie het. Alledaagse metafore soos brood en wyn het verander in iets wat slegs predikante en priesters mag hanteer. Die Bybel is dan slegs ‘n boek bedoel vir Sondae of Woensdae saam met die selgroep. Kerk is ‘n uur in die week waar ons ons beste klere aantrek, ons vriendelikste glimlag op sit en maak asof ons lewens perfek is. Selde raak ons geloof aan die alledaagse morsigheid van die lewe.

Onlangs kuier ek by vriende wat sopas ‘n babatjie gehad. Die jong ma vertel haar weergawe van die geboorte. Dis nou nadat die romantiek afgewerk het. Langsaan my op ‘n koffietafel lê een van daardie swangerskap/ouerskap tydskrifte. Op die voorblad is ‘n babatjie op ‘n groot wit agtergrond. Eufories, hemels. Asof die baba doekloos deur die lewe gaan. Ek het niks teen sulke tydskrifte nie, maar die kontras tussen die idee van swangerskap op die tydskrif en die vertellings van die nuwe ouers is vir my merkwaardig.

Die ironie is dat ek die eerlike vertellings van die ma meer waardeer as die pynlose prentjies van die media. 

Geloof in Jesus hou ons voete plat op hierdie morsige mooi aarde. Dit help ons bid, soos in die hemel, so ook op die aarde...

 

kalenderkontak