facebook ng

 

Ds Hettie Wessels - 12 Maart 2019

1-2So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognise what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you. Romans 12 (The Message)

Jare gelde voor man en kinders het ek dikwels gaan stap, vier en vyfdag roetes. Op ‘n dag kom vra ‘n goeie vriend of ek nie saam met hom en ‘n klomp ander die Naukluft in Namibie wil gaan stap nie.  Agt dae, een van die moeilikste roetes in Afrika.  Ek sê dadelik ja.  Iewers hier op dag sewe moet ons by ‘n vrek hoë gladde watervalletjie op.  Ek sit onder en beskou die gedoente, in my kop dink ek:  swaar rugsak, moë bene, gladde rots… maar my geaardheid sê ek kan enige iets doen, ek het tot hier gekom, ek sal ook hier uit.  Twee jong manne wat saam gestap het roep van bo af:  “Hettie kan ons jou sak vir jou kom haal?”  Ek maak my rug reguit, ek kan self.  My goeie vriend van universiteitsdae sit sy hand op my arm:  “Jy het niks om te bewys nie Hester”, net dit.  En ek besef my goeie vriend gee vir my om, en dit het niks te doen met die dra van ‘n rugsak al dan nie.  Ek roep terug:  “asseblief kom haal hom jong man!”

Ek dink (en ek sukkel om te weet hoe eerlik ek moet wees) ek het te lank myself probeer bewys.  Terwyl die meeste om my vir my omgee, of ek nou die sak teen die waterval uitdra of nie.  God sê haal die rugsak so elke nou en dan af.  En RUS.  In my kop dink ek as ek die rugsak afhaal is ek swak.  God sê as ons swak is, is Hy sterk.  En swak en rus is nie dieselfde nie…. ek weet.  Maar in my kop het dit tot baie onlangs nog presies dieselfde beteken.

Wat interessant is, die mens word op die sesde dag geskape.  Adam en Eva se eerste vol dag hier op aarde is die sewende dag.  Die dag van rus.  God kies om homself en die skepping aan Adam en Eva bekend te stel in rus.  Die skeppingsverhaal sê: “dit was aand en dit was more, die eerste dag.” Eerste aand, eerste rus.  Jesus sê vir Martha in Lukas 10, Maria het die beste gekies.  Martha se sterkpunt haar leierseienskap, haar organisasie vermoë, haar hardwerkendheid was ook haar swakpunt want dit het haar gedryf om aan te hou sonder om ooit tot rus te kom.  Besig wees was haar trots.  Jesus sê soms moet ons ook by sy voete kom sit.  Dit is ok.

My eerste Sabbat was Maandagoggend.

Ek het so effens gesukkel.  Wat vir my die moeilikste is, is om te maak of die werk klaar is, al is dit nie klaar nie.  Ek het Sondagaand nog laat probeer om goed af te handel, eposse te stuur en klomp goed in orde te kry.  Net sodat ek Maandag 13:00 vinnig weer op spoed kon kom.  En ek weet nog nie hoe om my brein af te skakel nie.  My rekenaar en selfoon is af, en ek sit rustig en koffie drink maar my kop beweeg teen 200km/h en probeer lysies maak vir wat ek gaan doen as ek klaar gerus het.  Ek dink nie dit is hoe dit veronderstel is om te werk nie.  Ek moet sê later die oggend het dit begin beter gaan, ek het my verdiep in ‘n goeie storieboek en so paar minute sommer net lekker gesnooze.

My plan vir volgende Maandag:

  1. Ek gaan verseker probeer om die aand voor die tyd al te probeer rustiger raak.
  2. Ek gaan spesiale familietyd inrig. Met die kinders of met my man, hang af hoe die dag en die week loop.
  3. Ek gaan altyd fokus op persoonlike spiritualiteit. Ek gaan Maandag begin met ‘n Sabbat-gebedsboek, name van persone vir wie ek bid neerskryf en ten minste een gebed neerskryf.  


Ek sukkel die meeste om my gedagtes tot bedaring te bring.  Maar ek weet: Gebed verander die manier hoe ek dink.  Dit is asof God met my gedagtes werk.  Ek glo dat dit my brein sal fokus op genade eerder as werk en bekommernis.


Literatuur:

“but I noticed at some point that the harder I worked, the less I accomplished.”

The Rest of God:  Restoring Your Soul by Restoring Sabbath.
by Mark Buchanan

 

kalenderkontak