facebook ng

Blog

 

Ds Hettie Wessels, 16 September 2019

Iemand sê in die Bybelstudie vanoggend: “ons steel so maklik God se tyd”… Die sin bly die hele dag by my.

Ek wonder by myself is ek ‘n dief?

Ek is baie mooi groot gemaak en steel is iets buite my verwysingsraamwerk, of so het ek nog altyd geglo.

Maar ek steel God se tyd. Ek steel my gesin se tyd. Ek steel my eie tyd. En die gestelery – steel my vrede en my rus. Hoe nou gemaak? Ek wil nie ‘n dief wees nie.

Ds Hettie Wessels, 27 Augustus 2019

In die nabye Antieke Ooste was dit vroue se werk om water te gaan haal by die dorp se put.

Hierdie was ‘n groepsaktiwiteit. Vroue het saam kuier-kuier gaan water haal. Dit was deel van hulle daaglikse ritueel. Hierdie water-gaan-haalery het gewoonlik vroeg oggend of laat middag gebeur wanneer dit bietjie koeler is.

Ds Hettie Wessels – 14 Augustus 2019

Op skool het ons geleer dat ‘n werkwoord ‘n doenwoordjie is. ‘n Aksie. Later in teologie het ek geleer liefde is ‘n werkwoord. As tiener kom en gaan liefde soos hongerpyne en dit voel nou nie juis na werk nie. Midde ‘n familie, gesin en huwelik besef mens baie gou dat liefde vir seker ook aan gewerk moet word. ‘n Aksie. Vrede is ook so woord. Jesus sê aan sy dissipels dat Hy aan hulle vrede sal agterlaat, soos ‘n erflating. Maar aan vrede moet daar ook baie hard gewerk word. Dit weet ons baie goed hier aan die suidpunt van Afrika.

Ds Hettie Wessels – 7 Augustus 2019

Ek onthou ‘n tyd toe mense op die vraag: “Hoe gaan dit?” geantwoord het: “Goed en jy?” en mense gesê het ons moet meer eerlik wees met ons antwoord. Bietjie meer uitbrei… maar hoe gaan dit régtig met jou. My kollega se vraag het altyd gelei: “Hoe gaan dit met jou as mens?” Vandag is die standaard antwoord op die vraag hoe gaan dit met jou: “O vreeslik besig!” Of “Ons jaag van een ding na die ander.” Of “Altyd aan die hardloop”… Ek weet nooit of ek moet opvolg met ‘n: “Maar hoe gaan dit nou regtig nie?” Die mens is dan nou so besig. Daar is sekerlik nie tyd vir nog praatjies nie.

Ds Hettie Wessels - 31 Julie 2019

Wat maak jou gelukkig? Regtig sielsgelukkig? Wat is vir jou lekker om te doen? Geen moeite nie? Wat laat jou salig voel? So asof jy bederf is en kans sien vir môre? Wat laat jou vergeet van jou bekommernisse en dinge?

Ds Hettie Wessels - 23 Julie 2019

Dit het my baie lank geneem, maar ek het uiteindelik geleer dat die gewone beter as goed is.

Ds Hettie Wessels - 17 Julie 2019

Iewers vra iemand vir my: “Jy skryf nou baie oor rus, so wat leer jy?”

Ek dink die reis van vier maande se grootste les was dat mense saak maak. In Johannesburg is daar baie, baie, baie, baie, baie mense.  En geen maar geen mens mag ooit vir jou maar net nog iemand word nie.  Ons het geleer om deur mense te kyk, om mense, weg van mense, ons is goed daarmee om mense mis te kyk.  En mense word net nog ‘n gebruiksartikel.  As ek jou nie meer nodig het nie, vergeet ek jou naam en beweeg na die volgende mens.  Dis nou as ek in die eerste plek die moeite gedoen het om jou naam te leer.

Ds Hettie Wessels - 12 Julie 2019

 

Sabbath is not simply the pause that refreshes. It is the pause that transforms. - Walter Bruggeman

 

Die gejaag het so pas weer begin. Dinsdagoggend het my wekker af gegaan en ek het onmiddellik in roetine-mode ingegaan.  Opstaan, stort, aantrek, kinders wakker maak, hare droogblaas, kinders aanjaag, kos, kinders skool toe jaag, vergadering, kos koop, skool toe… alles op ‘n snelle tempo.  Asof iets my agtervolg…

Ds Hettie Wessels – 4 Julie 2019

Ek is die laaste twee weke met ‘n klomp emosies gekonfronteer. Eerstens het ons as gesin gaan kuier by my broers in Botswana. Dit is ver en dit is baie afgeleë. Hulle is wel regtig gelukkig, hulle het alles wat hulle harte begeer. En daar kom die vraag…. wat het mens nodig om gelukkig te wees? Wanneer is dit genoeg? Genoeg mooi? Genoeg klere? Genoeg huis? Genoeg kar? Genoeg goed?

Ds Hettie Wessels, 14 Junie 2019

37Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself 40In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” Matteus 22

Ds Hettie Wessels - 5 Junie 2019

Die winter begin nou al in die huis se hoeke wegkruip. Deur die dag jaag die son nog die koue eenkant toe, maar in die skadu hoekies het die koue kom nes skop vir die volgende paar maande.

Ds Hettie Wessels - 27 Mei 2019

In gesprek op pad na die motor na ‘n laataand vergadering raak en ‘n vriendin aan die gesels. Sy is bietjie voor my in die lewe wat betref kinders grootmaak en loopbaan mylpale. Iemand waarna ek graag luister. Lewenservaring en wysheid, ʼn “no nonsense” tipe mens. Ek hou van haar. So in die loop van die gesprek oor kinders, mans en werk sê sy: “ek voel oor niks skuldig nie, ek doen elke dag net my beste en die res moet maar gebeur”. Ek sê niks nie. Ek stuur die gesprek behendig in ‘n nuwe rigting. Ons gesels nog ‘n rukkie en dan klim elkeen in sy kar en ons ry na ons onderskeie huise.

Ds Hettie Wessels – 16 Mei 2019

Weet jy wat is nie ‘n skande nie? Antwoord: “Om te vra vir hulp” Ja, daar het jy dit nou. Die Bybel skryf baie kere van engele wat mense besoek het. Ek het nog altyd ‘n geheime vrees gehad dat een van hierdie weses my sal besoek. ‘n Gefladder van vlerke en helder ligte het my nog altyd laat koes. So in my stilligheid het ek altyd gewonder, as so ‘n engel aan my sou verskyn wat my reaksie sou wees.

Ds Hettie Wessels - 8 Mei 2019

“Life gives you plenty of time to do whatever you want to do if you stay in the present moment.”  - Deepak Chopra

Ds Hettie Wessels - 3 Mei 2019

Psalm 23

Die Here is my herder

1‘n PSALM van Dawid. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. 2Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 4Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Ds Hettie Wessels - 24 April 2019

“You have permission to rest! You don’t have to fix everything that’s broken. You don’t have to try to make everyone happy. It is time to rest. It is time to find refreshment for your body and your soul.” Clergy Coaching Network

Ds Hettie Wessels - 18 April 2019

The “choice of gods” is, in context, a choice of restlessness or restfulness.

The reality of restlessness in our contemporary society is obvious and epidemic.

Walter Brueggeman

Ds Hettie Wessels - 10 April 2019

As mens jonger is, is daar ‘n klomp goed wat ‘n mens moet doen. Die lys van voorskrifte is baie lank. Die skool, jou ouers, die kerk en nog sommer baie ander...

Ds Hettie Wessels - 3 April 2019

Die tyd loop katvoet
Die dag stap luiters verby soos ‘n kat,
stert omhoog. Laat my jou streel.
Spring nou op my skoot. Ek wil
jou iets vertel. Jy gaan my elke
dag verby en ek kyk jou agterna,
en roep, maar jy skuur jou wang
teen die verlede. Elke dag loop daar
‘n dag uit my lewe en gaan slaap
opgekrul en droom hom met bewende
snor binne-in my daaglikse handel.
Vorentoe, agtertoe loop die tyd
katvoet aan my verby, en spin.

Wilma Stockenstöm

Ds Hettie Wessels - 26 Maart 2019

28-30“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me - watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

kalenderkontak