facebook ng

Terwyl ons eredienste afgestel is weens die COVID-19 noodtoestand wat afgekondig is, kan jy ons eredienste elke Sondagoggend hier kom kry! Ons digitale eredienste verskaf aan jou die geleentheid om enige tyd, wat gerieflik is vir jou, na die dienste te kyk of luister. Deel dit gerus met jou vriende of familie ook!

Die skakel sal op ons Facebookblad verskyn elke Sondagoggend en indien jy aangesluit het by ons gemeente Whatsapp-groep, sal jy die skakel ook op 'n Sondagoggend ontvang.

Op Dinsdae sal 'n Weltenuus epos gestuur word met al die skakels en ander inligting vir die week. Maak dus seker dat jy geregistreer is op die platforms waar jy graag jou nuus wil ontvang.

Verklaring - NG Weltevreden se besluit om nie die kerk vir eredienste oop te maak tydens Vlak 3 van inperking nie.

 

Sondag 5 Julie 2020 - Ds Kobus Sandenbergh

 05072020
Kliek hier vir ons Afrikaanse erediens
Kliek hier vir ons Engelse erediens
Kliek hier vir ons KiX-kerk erediens
Kliek hier om na al die eredienste te luister

 

Sondag 28 Junie 2020 - Ds Hettie Wessels (Doop)

 20200627 163036
Kliek hier vir ons Afrikaanse erediens
Kliek hier vir ons Engelse erediens
Kliek hier vir ons KiX-kerk erediens
Kliek hier om na al die eredienste te luister

 

Sondag 21 Junie 2020 - Dr Neil du Plessis

Screenshot 20200620 101608 YouTube
Kliek hier vir ons Afrikaanse erediens
Kliek hier vir ons Engelse erediens
Kliek hier vir ons KiX-kerk erediens
Kliek hier om na al die eredienste te luister

 

Sondag 14 Junie 2020 - Ds Ferreira Marais

20200613 110539
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir ons Engelse erediens
Kliek hier vir ons KiX-kerk erediens

 

Besprekingsvrae

1. Wat is jou outomatiese reaksie in konfliksituasies?

2. Sukkel jy om te bid? Wat dink jy sal help?

3. Lees Matteus 10:1-14. Hoekom dink jy ontvang mense nie altyd die evanglie goed nie?

4. Wat kan jy hierdie week doen om jou deernis vir ander te vergroot?

 

Sondag 7 Junie 2020 - Ds Kobus Sandenbergh

20200606 101114
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir ons Engelse erediens
Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Sondag 31 Mei 2020 - Pinksterfees met Prof Kobus Kok

 20200530 095251
 Kliek hier vir ons digitale erediens
 Kliek hier om na die erediens te luister
 Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Sondag 24 Mei 2020 - Ds Hettie Wessels

20200523 095127
 Kliek hier vir ons digitale erediens
 Kliek hier om na die erediens te luister
 Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Besprekingsvrae

1. Hoe laat is dit in jou lewe?

2. Dink jy dit is dalk tyd om nuut te dink oor hoe jy jou lewe inrig?

3. Dink terug oor jou lewe, hoe het God voorsien?

4. Deel jou genade verhaal vandag met iemand, of skryf dit net neer vir jouself.

5. Dink jy dit is moontlik vir jou om met God se perspektief op tyd ook jou perspektief te verander?

 

Sondag 17 Mei 2020 - Dr Neil du Plessis 

20200516 112144
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Besprekingsvrae

1. Gesels saam oor iemand wat jy ken wie se persoonlike omstandighede hom / haar nie verhoed het om ‘n sukses te maak van sy / haar lewe nie en jou steeds inspireer.

2. Lees die verhaal van Josef (Genesis 37-50) rustig deur as jy tyd kry. Watter uitdagings moes Josef alles oorkom?

3. Een van Josef se sleutels tot sukses was dat hy ‘n doel gehad het om voor te leef. ‘n Deel van daardie doel was om ‘n verteenwoordiger te wees van God in die Farao se paleis. Waartoe roep God jou in hierdie krisistyd?

4. Bespreek die stelling: “God is steeds goed al is die lewe soms nie.” Stem jy saam? Watter seëninge geniet jy steeds?

5. Bespreek die stelling: “In alle swaarkry is daar groepotensiaal opgesluit.” Stem jy saam? Deel met mekaar ‘n lewenswysheid wat jy geleer het uit ‘n seisoen in jou lewe waar jy uitdagings moes oorkom.

6. Iemand in die groep kan afsluit met gebed.

 

Sondag 10 Mei 2020 - Ds Ferreira Marais

IMG 20200508 WA0028
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Besprekingsvrae

1. Wat was een van jou grootste uitdagings / geleenthede as kind? Vertel die storie.

2. Het jy jouself, op een of ander manier, verbaas die afgelope 2 maande? Hoe?

3. Tomas was iemand wat maklik vrae gevra het. Vra jy maklik vrae? Hoekom, dink jy, is jy so?

4. Met God se genade aan ons kant is ons tot meer in staat as wat ons dink. Noem een ding wat jy hierdie week gaan doen wat "bo" jou vermoëns is.

 

Sondag 3 Mei 2020 - Ds Kobus Sandenbergh

Screenshot 2020 05 02 11 42 55
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die pdf teks weergawe van die erediens
Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Sondag 26 April 2020 - Ds Hettie Wessels

 2020 04 25 18.20.02
 Kliek hier vir ons digitale erediens
 Kliek hier om na die erediens te luister
 Kliek hier vir die pdf teks weergawe van die erediens
 Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Besprekingsvrae

1. David skryf die Psalm, hy was ‘n koning wat onthou word vir groot dinge tog later in sy lewe het dinge verkeerd geloop. Hoe laat dit jou voel om te weet selfs Koning David het mislukkings langs die pad gehad?
2. Teenoor wie maak jy jou hart oop? Die sake wat jou laat wakker lê in die nag deel jy dit met iemand?
3. Wat dink jy kan die uiteinde van lyding/swaarkry in ons lewe wees? Dink jy daar kan iets goed van kom? Noem voorbeelde in jou eie lewe.
4. Wanneer is dit vir jou makliker om aan God vas te hou, in goeie of in slegte tye?
5. Wat leer jy as christen uit die goeie tye in jou lewe en wat leer jy uit die slegte tye in die lewe?
6. Wat sou jy graag wou leer uit die krisis wat ons nou beleef in die wêreld?
7. Wat sal jy wil vergeet van hierdie krisis in 2020?

 

Sondag  19 April 2020 - Dr Neil du Plessis

IMG 20200418 WA0000
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die pdf teks weergawe van die erediens
Kliek hier vir die KIX-kerk erediens

 

Besprekingsvrae

  1. Winston Churchill het gesê: “Never waste a good crisis”. Wat is die belangrikste lesse wat jy tot dusver geleer het van jouself uit die grendeltyd en wat frustreer jou die meeste?
  1. Daar word gereeld gesê dat na afloop van die COVID-19 pandemie daar ‘n “nuwe normaal” sal intree. Dinge sal nie dieselfde wees as voorheen nie. Hoe dink jy gaan die wêreld anders wees na afloop van hierdie krisis? Wat sal jy van nou af anders wil doen?
  1. In Johannes 21 sien ons Jesus roep sy dissipels en Petrus vir ‘n tweede maal. Hy veroordeel hulle nie vir die feit dat hulle Hom in die steek gelaat het nie. Hoe laat dit jou voel om te weet dat die Here ons t.s.v. ons foute en tekortkominge steeds wil gebruik?
  1. Die uitnodiging van Jesus aan Petrus in vers 19: “Volg My” is ook aan elkeen van ons gerig. Hoe gebruik die Here jou tydens hierdie krisis?
  1. Hoe dink jy sal die kerk na afloop van hierdie krisis anders daarna uitsien? Waar is die geleenthede waar gelowiges / die kerk die grootste verskil sal kan maak?

 

Paassondag 12 April 2020 - Ds Ferreira Marais

IMG 20200411 WA0000
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die pdf teks weergawe van die erediens

 

Besprekingsvrae

1. Wat jy jy van jouself geleer die afgelope 2 weke wat jy nie geweet het nie.

2. Die twee dames word die eerste evangeliste, het jy al ooit iemand van Jesus vertel. Hoe het dit gebeur en hoe het dit gegaan?

3. Wat beteken dit vir jou dat dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het ook in jou woon?

4. Deel met die mense om jou, jou herinneringe rondom paasfees.

 

Goeie Vrydag 10 April 2020 - Ds Kobus Sandenbergh

IMG 20200408 WA0030
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die pdf teks weergawe van die erediens

 

Sondag 5 April 2020 - Ds Hettie Wessels

 IMG 20200403 WA0030
Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die pdf teks weergawe van ons erediens

 

Besprekingsvrae (Matteus 26:36-46 - Ds Hettie Wessels)

  1. As jy na Jesus se emosies in hierdie gedeelte kyk, hoe laat dit jou voel?
  2. God verander nie noodwendige ons omstandighede nie, Hy gee ons krag om deur moeilike tye te kan werk. Het jy dit al beleef? Hoe laat dit jou voel?
  3. Het vriende jou al in die steek gelaat, toe jy hulle regtig nodig gehad het? Wat het jy uit hierdie ondervinding geleer?
  4. In Matteus 4 word Jesus deur die duiwel versoek. Hier in Matteus 26 moet Jesus die finale keuse maak of Hy getrou gaan bly aan sy roeping? Kan jy enige ooreenkomste kry in die versoekings van Matteus 4 en die keuses van Matteus 26?
  5. Wat is die moeilike keuses wat jy in hierdie dae moet maak? Hoe berei jy jouself voor?
  6. Hoe groot deel van jou geloofslewe bestaan uit gebed?

Sondag 29 Maart - Dr Neil du Plessis

 IMG 20200327 WA0027

 Kliek hier vir ons digitale erediens
 Kliek hier om na die erediens te luister
 Kliek hier vir die pdf teks weergawe van ons erediens

 

Liturgie vir erediens

  1. Kies 'n gemaklike plek waar almal in die huis kan saam kyk & luister.
  2. Steek 'n kers aan as simbool vir die Heilige Gees se teenwoordigheid.
  3. Doen die onderstaande "Hande-was vir doop herinnering" ritueel saam en laat iemand dit sommer hardop lees: 

    Hande-was is die wagwoord die afgelope paar weke danksy die Corona virus. In die proses het hande-was vir ons ‘n baie stresvolle handeling geword, wat ons elke keer herinner aan die gevaar wat ons in die gesig staar.

    Vandag wil ons mekaar aan ‘n dieper waarheid herinner. Gaan was gou weer julle hande sommer saam met mekaar. Net hierdie keer – as die water oor jou hande spoel, dink daaraan dat jy gedoop is in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.

    En onthou dan – dat God belowe het om altyd daar te wees vir ons, ons lief te hê en te beskerm. Mag die water wat nou oor ons hande vloei ons vrees in vrede verander, want God is ons God. Dit is ‘n ewige belofte.

  1. Laat iemand die onderstaande gebed hardop lees:

           Here, vou ons toe,

           omarm ons, deur u Gees

           … in ons praat – en in ons dink

           … in ons slaap – en in ons wakker wees

           … in ons waak – en in ons wag

           … in ons lyf – en in ons lewe

           … in ons lippe – en in ons harte.

           Here, verander ons,

          maak ons nuut deur u Gees.

          AMEN

  1. Kyk of luister saam na die erediens deur op die skakel te kliek.

 

Besprekingsvrae

  1. Vertel vir mekaar van ‘n keer wat jy baie groot geskrik het. Wie of wat het jou laat skrik en hoe het jy gevoel? Wat het jy daarna gedoen om beter te voel?

In die Bybel lees ons op ‘n hele paar plekke van mense wat geskrik het of bang was. 1 Samuel 17 is een so ‘n gedeelte. Lees 1 Sam.17:17-57 en gesels saam:

  1. Wat dink julle is die fisiese, emosionele en geestelike gevolge om konstant bang te wees?
  2. Hoekom dink julle was die Israelietiese soldate so bang? Was hulle nie veronderstel om braaf te wees nie? (lees vers 24)
  3. Dawid was vir niks bang nie. Hoe weet ons dit? (lees vers 34-37)
  4. Wat het Dawid saam geneem om die reus te verslaan? (lees vers 40)
  5. Wat het Dawid gedoen toe die reus hom spot? (lees vers 43-47) en wat leer ons hieruit vir die tye wat ons bang voel?
  6. In 2 Sam.21 word na nog 4 ander reuse verwys (vermoedelik Goliat se broers). Watter “reuse” bedreig ons geloof vandag?
  7. Dawid het 5 klippe opgetel om die reus te verslaan. In die boodskap word verwys na wat hierdie klippe elkeen simboliseer.

Noem nog enige 5 dinge/beloftes wat julle dink gelowiges tot hulle beskikking het om nie bang te wees nie en gesels daaroor.

Gee geleentheid om af te sluit met gebed en bring julle bekommernisse, angs en vrese in vertroue na die Here.


Sondag 22 Maart - Ds Ferreira Marais

 IMG 20200321 WA0036

Kliek hier vir ons digitale erediens
Kliek hier om na die erediens te luister
Kliek hier vir die pdf teks weergawe van ons erediens

 

Besprekingsvrae (Johannes 9 – Ds. Ferreira Marais)

  1. Die dissipels kon enige iets vir Jesus vra. Wat sal jou eerste drie vrae wees as jy nou vir Jesus enige iets kon vra?
  2. Die Jode raak baie kwaad vir die man wat genees is omdat Hy hulle van Jesus vertel. Dink jy, jy sal redelik maklik jou eie opinies kan verander as iemand regtig met oortuiging en goeie argumente met jou praat? Hoe groot rol speel trots (of hardkoppigheid) in jou lewen?
  3. Was jy al voorheen in ‘n moeilike situasie of tyd? Hoe het jy deur daardie tyd gekom?
  4. Jesus sê ONS moet die werk van sy Vader verrig. Wat kan ons doen om ander mense te bemoedig en op te lig al is ons nie fisies by hulle nie?
  5. Deel met die mense om jou oor die eerste keer wat jy Jesus ontmoet het en gekies het om Sy kind te wees.

 

 

kalenderkontak